Psalms. Chapter 125

1 'n Bedevaartslied. Die wat op die HERE vertrou, is soos die berg Sion wat nie wankel nie, maar bly tot in ewigheid.
2 Rondom Jerusalem is berge; so is die HERE rondom sy volk van nou af tot in ewigheid.
3 Want die septer van goddeloosheid sal nie rus op die erfdeel van die regverdiges nie, sodat die regverdiges hulle hande nie sal uitsteek na onreg nie.
4 HERE, doen goed aan die goeies en aan die wat opreg is in hulle harte.
5 Maar die wat langs krom paaie wegdraai, sal die HERE laat vergaan saam met die werkers van ongeregtigheid. Vrede oor Israel!